Search
Jean Marais    Zamar    Retief Burger    Louis Britz    Helena Smith    Singletrack    Wanda Bam    Daypoem    Kriss Tel    Ella    Hanli Slabbert    David Dee    Vertikaal    Pascaline Mabushe    Wian Vos    Pastor Philly And Friends    Nedine Blom    FOURTEEN40    Neil Büchner    Franna Benade    Mahendere Brothers    Soweto String Quartet    Con Grazia    Cornél Driesen    Scintillate    Peter Mabula    The Metanoya Rockonfusion   
Other Information :
Shop Login
Browse artists
0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Vertikaal
…Oor die nuwe album “ Stil”
Vars, totaal uniek, betekenisvol en verrassend! Dit is wat jy kan verwag van Vertikaal se nuwe album “Stil” wat pas voltooi is. “Stil” is ‘n produk wat jou aan niks anders op die SA Christen kontemporêre mark gaan herinner nie. Die
aanslag is anders as Vertikaal se eerste album “Uit dieptes”, maar verseker is die onmisbare akoestiese styl steeds daar om Vertikaal se aanhangers tevrede te stel. Bykomende instrumente op hierdie album gee aan die musiek ‘n nuwe volheid. Van die poëtiese “Beautiful Sky” tot die energieke
“Om U te Ken”, spreek die nuwe album van Vertikaal se unieke verskeidenheid van skryfstyle en aanslagte. Met nuwe Afrikaanse lof-en aanbiddingsmusiek vir gemeentes, sowel as inspirende musiek om te luister in jou CD speler, kan jy nie verkeerd gaan met “Stil” nie.

…Oor die groep VERTIKAAL
Vertikaal ontstaan aanvanklik vanuit die NG Gemeente Lynnwood in Pretoria se aanddiens musiekbegeleidingsgroep. Die eerste album “Uit Dieptes” is die produk van ‘n paar maande se eie werk in die gemeente se klankateljee. Die album (aanvanklik bedoel vir die gemeente) wek wyer belangstelling en verower drie nominasies by die 2005 ATKV Lier Toekennings. Die album word genomineer vir beste debuut album en album van die jaar. Een van die snitte, “U’s my Vader”, word genomineer as beste nuwe komposisie van die jaar.
Vertikaal het na die album se verskyning redelik opgetree en uiteindelik by die punt gekom waar hulle moes besluit wat die toekoms inhou. Die sprake van ‘n nuwe album en belangstelling vanaf Merchant Musiek het die wiele aan die rol gesit vir ‘n tweede, volle album bestaande net uit Vertikaal se eie komposisies. Die proses het aan die einde van 2007 begin en in April 2008 die
finale produk opgelewer. Die musikale regie van Gideon Botes en Louis Brittz het ‘n groot bydrae gelewer om Vertikaal te vestig in die mark as totaal uniek.

… Oor die lede van VERTIKAAL
Vertikaal speel dikwels met ‘n volle orkes maar bestaan uit drie kern lede:
Jattie de Beer woon in Pretoria en werk voltyds in Menslike Hulpbronne Ontwikkeling. Jattie se liefde vir musiek het op ‘n vroeë ouderdom begin. Hy sing in die Afrikaans Hoër Seunsskool se koor en later in die Tukkiekoor. Behalwe vir sy vokale agtergrond speel Jattie as eerste instrument akkoestiese kitaar. Jattie is ‘n bewese skrywer en die musikale brein agter meeste van Vertikaal se verwerkings en musiek. Tans voltooi hy sy M-skripsie, sing in die Akustika Kamerkoor en fokus verder alle energie op Vertikaal.
Leon Gropp is voltyds musikant. Leon het ook op skool pre- steer op musikale vlak en later ook gesing in die Tukkie koor. Leon was deel van verskeie musiek projekte en het onder andere na sy studies vir ‘n tyd lank in Hi-5 gesing. Leon het ‘n sterk klassieke en akkoestiese kitaar agtergrond. Tans woon Leon in Pretoria en speel voltyds saam in die Spaanse kitaar duo “CH2”. Leon het sy honeurs in Statistiek voltooi aan TUKS.
Zander van der Westhuizen speel van kleins af klavier en is tans predikant by NG Lynnwood. Zander was op universiteitsdae al betrokke by musikale projekte en groepe op verskeie vlakke. Hy was aanvanklik betrokke by vervaardiging, regie en skryfwerk, maar het stelstelmatig self op die verhoog agter die klavier ingeskuif. Zander skryf musiek en lirieke saam met Vertikaal en speel steeds in die gemeente se musiekgroep. Hy is tans besig om sy PhD te voltooi.

…Waarmee is Vertikaal besig?
Vertikaal tree op by gemeentes en ander plekke, maar sien uit na die beste event op ons dagboek. – die CD se bekendstelling. Vertikaal stel “Stil” bekend op 4 Junie 2008 om 19:30 in die ouditorium van die UP Groenkloof kampus. Dit is ‘n vol aand saam met van SA se top musikante.
Bookings:
Vertikaal
082 883 2302
Artist Links:
Artist Website
Facebook
MySpace
MP3 Website
Christian Bands
Listen to Artist Sample:
Artist Products:
Uit dieptes
R 80.00
Stil
R 80.00
By die kruis
R 80.00
Not a member? Click to Register!
Featured Products
Turn to God CD
Price: R 25.00
 
KrissTel - Opstaan
Price: R 80.00
 
Jean Marais - Saam met engele
Price: R 80.00
 
Join LOF-Vennote Nou!
>> Kliek hier om te registreer
Existing users can activate membership by logging in
 
terms and conditions | © Merchant Music 2009 | find our prodcts at the following stores | web design by c-Roach designs