Search
Louis Britz    Cornél Driesen    Jean Marais    Nedine Blom    The Metanoya Rockonfusion    Wanda Bam    FOURTEEN40    Wian Vos    Retief Burger    Peter Mabula    Helena Smith    Kriss Tel    Vertikaal    Hanli Slabbert    Singletrack    David Dee    Pastor Philly And Friends    Con Grazia    Scintillate    Franna Benade    Pascaline Mabushe    Soweto String Quartet    Daypoem    Neil Büchner    Ella    Mahendere Brothers    Zamar   
Other Information :
Shop Login
Browse artists
0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Cornél Driesen

Hy was een van die pre-2001 lede van die praglyf-en–gladde-stem brigade...Eden.   Nou lei hy aanbidding in die Kaap.

Cornél Driessen het in die kerk leer kitaar speel.  Sy dominee tydens sy studentejare het gevra of hy homself kan leer, aangesien die aanbiddingsleier op pad uit was, en hy niemand in sy plek gehad het nie.  So oor die vakansie vat hy toe die rooi jeugsangbundel met die akkoorde, speel sy vingers stukkend, en kry dit toe onder die knie.

Cornél oor Eden: "Ek glo dit is heeltemal moontlik vir 'n Christen om kommersiëel te sing, net soos enige ander Christen 'n kommersiële werk het.  Ek het daardie tyd geglo dit was die regte ding om te doen.  Ek het die producer, Didi Kriel, ontmoet.  Hy het my verseker dat my waardes nie teenstrydig sou wees met die van 'n boyband in die sekulêre industrie nie.  Maar soos die tyd aangegaan het, het ek besef die styl was nie ek nie en ons morele waardes het ook verskil.  Ek is seker my aanhoudende bekommernis oor goed soos die tipe fotos wat ons geneem het, vir watter tydskrifte ons dit gestuur het en ook ons dans koreografie het almal om my geïrriteer.  Toe ek uiteindelik uit die groep bedank in 2000, was dit soos 'n groot verligting in my gees.  So ja dit was 'n moeilike besluit, maar dit was nodig." 
Cornél het nooit omgegee wat die sekulêre industrie van hom dink nie.   Eden was nie sy identiteit nie.  Lank voor Eden was hy 'n aanbidder, en na Eden het hy eenvoudig daarnatoe teruggekeer.  Dit was nege jaar gelede.

Cornél: "Ek het wel daarna gevoel dat dit tyd was om 'n verandering te maak.  'n Vriend van my is af Kaap toe, en iets in my het net gevoel ek moet dit ook doen.   Dit word toe vir my bevestig deur 'n ou by wiese troue ek drie jaar tevore gesing het.  Hy bel my uit die bloute om vir my te sê hy droom al twee weke lank dat ek studente bedien - en hy dink dit is in die Kaap, want daar was 'n klomp Eikebome om my in die droom.  Toe los ek my praktyke in Pretoria en ek is sak en pak af.  Ek het niemand geken nie, en my eerste Kersfees in die Kaap was baie eensaam.  Een van my ouer pasiënte het dit raakgesien en het toe vir my 'n boek oor Wyn present gegee.  Ek het dit baie waardeer, want geen Kapenaar kan bekostig om onkundig oor wyn te wees nie.  Maar ja, dit was ook my enigste kerspresent, en ek het baie jammer vir myself gevoel."

Glo dit of te nie, Cornél is 'n gekwalifiseerde sportsfisioterapeut.  Hy sien sy werk as 'n geleentheid om werklik iets vir mense te beteken.  Hy bepreek niemand nie, maar omdat hy 'n sports fisio is, is die mense wat hy behandel gewoonlik depressief omdat hulle nie meer hulle sport kan beoefen nie.  "Ek lewer 'n professionele diens, maar mense is baie oop vir die evangelie hier by die tweede of derde keer as ek hulle sien." 

Cornél sweer hoog en laag dat hy nie neurie terwyl hy hulle behandel nie… hy sê meeste van sy kliënte het geen idee dat hy sing as hy nie daar werk nie.

Dit was by sy werk dat hy sy eerste Afrikaanse lof- en aanbiddingsliedjie vir die nuwe kerk geskryf het.  Die aanbiddingsleidster by die kerk het hom gevra of hy nie iets het vir hulle in Afrikaans nie, en hy het toe belowe om daaraan te werk.  Tydens sy etenstyd by die werk tokkel hy toe op sy kitaar, en hy skryf die liedjie "Ons Gaan Die Here Loof Vandag."  Toe hy daarmee klaar was, het hy gevoel dat die liedjie te eenvoudig was, en hy gooi dit toe in die asblik.  Sy sekretaresse het hom egter gehoor, en toe hy uit die kantoor was, het sy die liedjie uit die asblik gaan haal en dit netjies oorgetik.  Toe hy terugkom, gee sy dit toe vir hom en sê sy dink dit is pragtig.  Hy moet dit net by die kerk vir die band gaan speel en hoor wat hulle dink.  Hulle was mal daaroor, en toe word dit sommer ook die eerste liedjie op sy eerste Lierbekroonde aanbiddingsalbum, Lewendig.

Deesdae ontspan hy onder die blou lug, langs die Eersterivier, onder die koel bome van Stellenbos.  Hy is nou amper 5 jaar getroud (jammer girls!), met drie Labradors as 'n toetslopie vir sy toekomstige familielewe.  Sy singery is die passie in sy lewe, maar nou kan hy dit met oorgawe doen, omdat hy kan sing waarvan sy hart vol is.  Die Kaap juig en hy ook.  Wat meer wil 'n ou nou uit die lewe he?


Bookings:
Cornél Driesen
082-883-9916
Artist Links:
MP3 Website
Listen to Artist Sample:
Artist Products:
Duisende Daniëls Aanbid (CD & DVD)
R 90.00
Op my Knieë
R 60.00
Lewendig
R 80.00
By die kruis
R 80.00
Not a member? Click to Register!
Featured Products
KrissTel - Opstaan
Price: R 80.00
 
Turn to God CD
Price: R 25.00
 
Jean Marais - Saam met engele
Price: R 80.00
 
Join LOF-Vennote Nou!
>> Kliek hier om te registreer
Existing users can activate membership by logging in
 
terms and conditions | © Merchant Music 2009 | find our prodcts at the following stores | web design by c-Roach designs