Search
Cornél Driesen    Retief Burger    Singletrack    The Metanoya Rockonfusion    Nedine Blom    Soweto String Quartet    Vertikaal    Wanda Bam    Pascaline Mabushe    Helena Smith    Kriss Tel    Hanli Slabbert    Jean Marais    Zamar    Daypoem    Con Grazia    Mahendere Brothers    Louis Britz    Wian Vos    Franna Benade    Neil Büchner    FOURTEEN40    David Dee    Ella    Pastor Philly And Friends    Scintillate    Peter Mabula   
Other Information :
Shop Login
Browse artists
0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Helena Smith

Helena het begin sing nog voordat sy kon lees of skryf.  Gebore vanuit ‘n musikale familie, het sy van kindsbeen af opgetree. Tydens haar Hoërskool jare het sy gereeld deelgeneem aan sangkompetisies, Eisteddfods en produksies, en het ook gesing op vele cd opnames.

Op 16-jarige ouderdom het kunstenaars Johan Groenewald en Andre de Villiers haar geleentheid gebied om ‘n “demo” cd op te neem. Die platemaatskappye was beindruk met haar talent as liedjieskrywer maar het haar aanbeveel om na skool ‘n cd produksie aan te pak.

Sy het by Joyful Noise Musiekskool aangesluit in Stellenbosch om haar passie vir musiek verder uit te leef en te ontwikkel. Vanaf haar eerstejaar(2002) het sy alreeds begin optree as een van die skool se hoof sangeresse, en in November 2002 is twee van haar eie verwerkings op die Joyful Noise cd, “Spread your wings”, opgeneem. Tydens 2003 en 2004 het sy voltyds getoer en landswyd opgetree saam met die musiekskool se toerspan.

In Mei 2005  het sy haar langverwagte debuut cd “FRAIL” bekend gestel. Helena het self haar produksie onkostes bymekaar gemaak dmv optredes, lenings en borge. Die cd was opgeneem by ‘n vriend se huis op Stellenbosch.

Sedert die vrystelling van “Frail” het haar musiek hope blootstelling gekry. Sy het in haar finale jaar (2005) by Joyful Noise haar eie produksies begin uitvoer en ook gereeld saam met die kwintet, “Zamar”,  opgetree en getoer. Die cd het vele goeie resensies gehad in o.a. Huisgenoot en Die Herald, en 7 van die 10 snitte op haar cd het speeltyd ontvang op radiostasies soos RSG, Highveld, KFM, Jacaranda, OFM en meer. Sy het verlede jaar by “Mej SA” uitdinne in Kaapstad opgetree (SABC2) en  meer onlangs ook op die televisieprogram, “Dis hoe dit is met Steve”(10 Maart 2006).

Helena se paaie het gekruis met die bekende Musikant, Lofleier en Regisseur Louis Brittz in 2007. Sedertien het sy gereeld saam met Louis opgetree en sy Platemaatskappy, Merchant Music, het haar cd begin bemark.

In 2008 het sy ‘n gulde geleentheid gekry om die Luidkidz produksie op te neem saam met Louis en Retief Burger van die Luidkeels faam. Sy was die lofleier en het die geleentheid vreeslik geniet, ook omdat sy glo in die behoefte vir kinders om van vroeg af te leer wat lofprysing en aanbidding is..

Helena is tans besig met nuwe komposisies, beide Afrikaans en Engels, wat sy binnekort sal wil opneem. Saam met dit lyk dit of daar ‘n Luidkidz 2 in die nabye toekoms voorlé, en dit alles terwyl sy sang onderrig by ‘n skool in haar tuisdorp, Somerset West, gee en ook een van haar gemeente se lofleiers is.


Bookings:
Janine van Niekerk
082 885 7732
Artist Links:
MP3 Website
Christian Bands
Listen to Artist Sample:
Artist Products:
Luidkidz DVD
R 100.00
Luidkidz CD
R 80.00
Frail
R 80.00
Not a member? Click to Register!
Featured Products
Turn to God CD
Price: R 25.00
 
Jean Marais - Saam met engele
Price: R 80.00
 
KrissTel - Opstaan
Price: R 80.00
 
Join LOF-Vennote Nou!
>> Kliek hier om te registreer
Existing users can activate membership by logging in
 
terms and conditions | © Merchant Music 2009 | find our prodcts at the following stores | web design by c-Roach designs