KrissTel is vir 'n SAMA benoem met haar debuut album, Made to be Loved, en hier is haar 2de een! KrissTel woon in Carolina en tree reg oor die land op. Sy is 'n uitmuntende sangeres, liedjieskrywer en worshipleier. Die liedjies op hierdie album sal jou bedien, bederf en 'n nuwe standaard in Afrikaanse musiek laat beleef. Uitvoerende vervaardiger Louis Brittz se:"As jy Boere-Sokkietreffers haaaat, gaan jy MAL wees oor hierdie album, want KrissTel se musiek is van die beste in die wereld. Luister na Alweer, Beautiful, Warm Kombers en Seengebed vir mans. Jou ore en gees is in vir 'n treat!"