Die Supercool vir Jesus DVD is ontwikkel om vol pret te wees, maar ook om baie diepte en waarhede in die lewens van jong luisteraars te deponeer. Elke liedjie is op die DVD in volledige musiekvideo-formaat om die jongspan vasgenael te hou en dis in 'n taal wat kinders so jonk as 3 jaar kan verstaan.
Supercool vir Jesus volg die weghol sukses vrystelling, Supercool, op en het in 2009 vir Nedine Blom die SAMA vir Beste Kinderproduksie van die jaar besorg.
Supercool vir Jesus volg die weghol sukses vrystelling, Supercool, op. Supercool het in 2009 vir Nedine Blom die SAMA vir Beste Kinderproduksie van jaar gewen. Supercool vir Jesus fokus op 'n dinamiese, oorgegewe lewe - en dit in 'n taal wat kinders so jonk as 3 jaar kan verstaan. En dis so aansteeklik, moenie verbaas wees as pa en ma saam begin sing en spring nie!